top of page

AGTERGROND

Opvoedkundige waarde

Ouma C se stories is gerig op kinders tussen 4 en 7 jaar. Dit kan gemaklik tuis gebruik word asook in skole en kleuterskole. Omdat kinders van hierdie ouderdom nog nie almal gemaklik kan lees nie, is hierdie oudiovisuele stories met maklike aanwysings ideaal vir 'n kind wat gou tuis raak met tegnologie.

 â€‹

Die prettige, en dikwels idiomatiese vertelstyl van die volwassene, laat die kind terselfdertyd ‘n gevoel van gesellige samesyn met ‘n ouer persoon ervaar.  Die storielyne is daarop gerig om die kind te leer dat sekere optredes positiewe of negatiewe gevolge kan hê. Die konsep van risiko’s en probleemoplossing word aangeraak.  Dit bevat fyn nuanses wat emosionele intelligensie stimuleer — ‘n begrip van humor, empatie, selfgelding, nederigheid, skuldgevoelens, eerlikheid. Hier en daar word ook sekere wetenskaplike inligting ten opsigte van die verskeie diere ingevleg.

Hoe het dit begin?

"

In 2020, tydens Covid-19 se grendeltyd (lock down), kon die meeste grootouers nie hul kleinkinders sien of vashou nie. Dit was ‘n pynlike verlange om hulle te kon koester. Die besef dat kindertjies tot ongeveer 4 jaar oud moeiliker onthou, het my bekommer. Die spesiale band tussen ons sou dalk so vervaag dat hulle dit later totaal vergeet. Grendeltyd was ‘n emosionele tyd van onsekerheid vir baie grootouers. Stories in my eie stem word toe ‘n plan om ons intieme band te probeer bewaar. Min het ek verwag hoe Ouma se stemstories op ‘n slimfoon so spesiaal vir hulle sou bly tot lank ná Covid.

​

​Ouma C

"

Ouma C vertel
bottom of page